Bekostigbare Besighede in Suid Afrika

Bekostigbare, besigheid idees. Leer hoe om jou eie klein besigheid te begin in Suid Afrika.

Aan die linker kant van die webwerf vind u bekostigbare besigheidgeleenthede en inligting wat spesiaal ontwerp, geskryf en ontwikkel is om die sak te pas van die gewone man in die straat, dit wil sê die man of vrou wat ‘n eie besigheid wil begin maar nie oor baie kapitaal beskik nie.


Aan die regterkant van die webwerf vind u allerhande artikels oor hoe om ‘n besigheid te begin en hoe om dit te bedryf. Daar sal gereeld nuwe artikels verskyn, besoek ons dus gereeld.

Natuurlik is daar diegene wat graag tuis wil of moet werk. Vind ook inligting aangaande bekostigbare tuisbesighede op hierdie webwerf. Deesdae is geen persoon sy werk meer seker nie. Afrikaanse entrepeneurs soek na bekostigbare besighede wat hulle kan bedryf op ‘n deeltydse basis.

Daar is min werk beskikbaar in die huidige ekonomiese klimaat. Baie mense is van gedagte dat aangesien mens die risiko loop van aflegging elke dag, kan hul net sowel die risiko loop om hul eie drome te bewaarheid; te werk vir hul eie sak in plaas van die werkgewer deur hulle eie bekostigbare besigheid te begin.

Natuurlik gaan jou en jou familie se lewe verander wanneer jy 'n nuwe besigheid begin, dit hang van jou af hoeveel julle lewe gaan verbeter. Indien jy dus jou eie besigheid wil begin moet jy seker maak dat jy jou familie ken en in ag neem en ook die regte opleiding ontvang; opleiding verseker ‘n beter kans op besigheid sukses.

Meeste mense begeer 'n besigheid van hulle eie. Niemand wil vir altyd vir 'n baas werk nie. 'n Ou man wat afgetree het nadat hy vir jare 3 suksusvolle besighede bedryf het, het my eendag die woorde toebedeel: "Hester, wanneer jy jou vaardigheid gebruik om iemand anders te verryk, is jy niks anders as 'n betaalde slaaf nie."

Mense wil van nature hul omstandighede verbeter, maar dit is moeilik as jy elke maand dieselfde salaris ontvang, maak nie saak hoeveel werk jy gelewer het nie. Dis veel beter om jou eie baas te wees en jou eie salaris te bepaal binne die raamwerk van wat die besigheid kan bekostig.

Dit is natuurlik nie altyd maanskyn en rose as jy jou eie besigheid bedryf nie, en die eerste paar maande word die maandelikse tjek wat mens so gewoond aan is, wel deeglik gemis.

Die groot dag kom wel wanneer jy wonder hoekom jy nie al vroeër jou eie besigheid begin het nie! Weet dit, die eerste klompie maande werk jy miskien drie keer harder as wat jy vir die baas gewerk het, maar hierdie keer werk jy vir jouself en verdien jy wat jy werklik werd is. Jy weet ook waarom jy so hard werk!

Dit is tog lagwekkend hoe baie mense dink dat as mens jou eie besigheid besit, is daar altyd geld in jou sak. Wanneer jy die nuwe besigheid begin sal jy vind dat daar uitgawes is, uitgawes wat dalk verantwoordelik gaan wees vir besnoeiings in en om die huis. Op die lange duurte is dit tog die opofferings werd. Onthou, mens eet ‘n olifant stuk vir stuk! Niks gebeur oornag nie.
 
Die mense wat beweer dat dit vinnig en gou is om ryk te word as jy jou eie besigheid begin moet 'n sielkiundige spreek of lieg vir jou. Dit neem deursettingsvermoe en harde werk, opofferings, bloed en sweet voordat die deur van voorspoed en geld oopmaak. Besigheid is nie vir sussies nie en nog minder vir lui mense!

Natuurlik moet die klein besigheid bedryf word volgens toepaslike besigheidreels. Geen besigheid verander oornag in 'n winsgewende besigheid nie. Weereens, mens eet 'n olifant stuk vir stuk!

Dit is makliker om jou eie klein bekostigbare besigheid te begin met die vaardighede wat jy alreeds besit. Dit is egter nie altyd moontlik nie veral wanneer groot somme geld nodig is om die besigheid te begin. Die alternatief is om nuwe vaardighede aan te leer deur kursusse of werkswinkels by te woon.

Let wel: Elke besigheid wat hier gelys is het toepaslike opleiding, handleidings, videos, bemarking sessies en dies meer ingesluit in die besigheid sowel as nasorg om die nuwe entrepreneur te help om sukses te behaal.

Mense droom gewoonlik ryk maar leef arm. Hoekom?

Die antwoord is dat baie mense na hulle omstandighede kyk, en dan nie besef dat net droom, niks verrig nie. As niks gedoen word nie, as die eerste stappe nie geneem word nie, gebeur net mooi niks nie!

Gebrek aan kapitaal moet mens nie terug hou om jou eie besigheid te begin nie. Daar is 'n groot verskeidenheid besighede wat met min geld begin kan word. Deursoek hierdie webwerf en jy sal die besigheid vind wat jou sak gaan pas.

Wanneer mense aan besigheid dink, kyk hulle na besighede wat al lank bestaan. Dit gee moed wanneer jy besef dat die entreprneur besighede met min geld begin het en dat die besighede oor die jare verander het van klein besigheid in besighede wat mense se lewens verander.

Moonlik wil jy eers jou nuwe besigheid idée toets en ‘n ruk lank vanaf die huis, in jou vrye tyd bedryf voordat jy jou baas vaarwel roep. Die geld wat so deeltyds gemaak word kan handig te pas kom om aankope vir die nuwe besigheid te bevonds.

Al die klein besigeid idees op hierdie webwerf word aangebied met opleiding ingesluit, sowel as vervaardiging en bemarking handboeke, DVD’s en CD’s waar toepaslik. Natuurlik is daar na-verkoop diens en ander voordele ingesluit byvoorbeeld hulp met die bemarking van u besigheid. Hierdie hulp met u besigheid bemarking vind so plaas:

Jou besigheid word geadverteer in 6 verskillende besigheidgidse sodat jou besigheid meer sigbaar is op die internet. Almal soek deesdae inligting op die internet!

Waar gaan u 'n beter aanbod kry? Doen Aansoek vir 'n Bekostigbare Besigheid hier.